Marietjie Burger

Home Testimonial Marietjie Burger

Hier is my getuienis.

 

Ek soek nog die alfabet met al die letters in om die diens te beskryf wat ek ontvang het vanaf julle firma. Ek het ‘n sauna tent met die suurstof masjien 2014 gekoop.  Elke keer wanneer my stomer nie meer reg gewerk het nie, is dit vervang. Hierdie jaar het ek agter gekom dat die suurstof masjien nie meer reg werk nie.

 

Marnitz het my tegemoet gekom en vir my gesê dat hy dit vir my sal vervang.  Ek was oorweldigend en het gevra ek wil graag eers dit met my man bespreek, aangesien die eerste keer toe ek dit gekoop het, was dit vir hom ‘n verrassing en ek het N$13,999.00 betaal.

 

Ek het ook met die Here hieroor gepraat, want in vandag se tyd kry ‘n mens nie meer sommer goeie diens nie.

 

So 3 weke is ek deur ‘n sak spinnekop gebyt, is ‘n week daarna geopereer en loop tans nog met ‘n dreinering.  Ek het dadelik besef dat ek dringend die masjien sal moet kry. Ek het vir Marnitz ‘n boodskap gestuur en daarom soek ek nog die alfabet om sy diens te beskryf.  Sonder aarsel het ek my masjien ontvang.

 

Ek beveel enige tyd hulle diens aan en wil nooit sonder die masjien wees nie.

Baie baie dankie Marnitz.

 

Marietjie Burger

Windhoek

Namibië